info@goodwoodrotary.co.za

Distrik Potjiekoskompetisie: 26 Mei 2019

Distrik Potjiekoskompetisie: 26 Mei 2019

Goodwood Rotary Club het op 26 Mei 2019 deelgeneem aan die 6de jaarlikse Distrik 9350 Potjiekoskompetisie wat jaarliks gereel word deur Pinelands Rotary Club. Die Kompetisie word elke jaar by n ander “venue” gereel en hierdie jaar het die kompetisie plaasgevind in die asemrowende natuurskoon te Glen Cairne Jeugkampterrein in Houtbaai.

Hierdie jaar was die kompetisie bietjie strawwer as vorige jare met n rekord deelnemende potte van ongeveer 23 wat ingeskryf was deur verskeie Rotary Clubs in die Distrik.Goodwood Rotary was goed verteenwoordig deur lede, familie en vriende om die dag behoorlik te geniet en dit sodoende ook suksesvol te maak.

Goodwood het n gemengde lamskenkel – en lamsnekpotjie ingeskryf met gerookte snoek, voorberei in n roker en vars gebakte brood, voorberei in n varktjie-oond as karmanaaitjies. Nodeloos om te se, het sommige beoordelaars n paar keer aan Goodwood Rotary Club se kos kom smul.

Goodwood Rotary het weggestap met die tweede prys en sodoende die dag en heerlike samesyn op n hoe noot afgesluit. Ons probeer beslis weer volgende jaar daai eerste prys behaal!

Groetes,

ROTARY CLUB OF GOODWOOD

Meetings

We meet once a week
on a Thursday,
 at lunch time 
12.45 

Quick Connect

Find Us

© Goodwood Rotary Club